Droom Martha Droom

Nuwe Digbundel - Sielskos

Hierdie bundel is saamgestel uit hoogtepunte van die laaste 15 jaar se "Laaste sê"-rubrieke deur Koos van der Merwe in Sarie. Koos weef meesterlik met woorde en het die vermoë om diep betekenis uit alledaagse situasies te haal. Koos vertel van mense, en hulle soeke na hoop, maar ook ons almal se verlange na die Een wat ons nooit sal laat gaan nie.

Vlugplek

Soveel mense het daarvoor gevra, en nou, uiteindelik, is al Koos se mees gewyde skeppinge van die afgelope meer as dertig jaar beskikbaar op sy nuwe dubbel-album: Vlugplek. Drie Dekades. Musiek vir Eenkantkom.

Drie platemaatskappye het ingestem om die musiek beskikbaar te stel en nou kan jy met Vlugplek stil word en diep in die binneste versterk word. Liedjies soos Bidplek en Naggebed en die nuwe akoestiese opname van Houtkruis sal jou na heilige plekke toe neem.

Koos het ook ingestem om vir die eerste keer in jare weer op Sondag-aande in gemeentes te kom bedien met musiek van die hart en woorde van bemoediging. Kontak ons gerus vir optree navrae.

Kry Koos nuus...

Skryf in om nuusbriewe te ontvang

Vir enige ander navrae kontak Yolandi van der Wath: yolandi@koosvandermerwe.co.za

Wat sê ons Luisteraars

In Koos se eie woorde – Die album is ‘soos Karoo veld maak as die reën eers kom’ – verfrissend en lewendig. Komplimente aan elkeen betrokke met die inspirerende album. Dis ‘n fees vir ore and harte wat dors na diepte en rus.

~ Kobus Nel

REEDS IN BESIT VAN DIE CD. Daar’s nie ‘n ding wat Koos al gesing het wat ek nie het nie…

~ Aletta van der Merwe

Was baie beindruk met die vertaling van Bob Dylan. Ek sal baie opgewonde raak as u dit opvolg met nog 'n Bob Dylan CD met die volgende liedjies: I shall be released, Tempest en Forever young. Ek verstaan dat ongelukkig daar dan nie plek sal wees vir Desolation Row nie. Dis lekker om die woorde in Afrikaans te kan volg.

~ Hennie Malan

Sal jy asseblief vir Koos laat weet : BAIE, BAIE DANKIE weer vir ‘n wonderlike nuwe CD van hom. Sowaar soos hulle ander dag in die Beeld-koerant berig het - jy koop die CD sommer onmiddellik sonder om te aarsel. GROOT ASSEBLIEF na Koos se uitvoering van Brell se twee liedjies : SAL SY VOLGENDE CD OP DIE RAKKE EEN VAN BRELL SE VERTOLKINGS WEES!

~ Marion Steinbauer