Dr. Koos van der Merwe

 

Bekroonde liedskrywer, digter, predikant en solo kunstenaar in eie reg.

As lid van die groep Prophet het Koos meer as 50 000 albums verkoop, met treffers soos "Houtkruis" uit sy pen. Gedurende 2012 begin Koos met die vertaling van Cohen se grootste treffers soos "Dance me to the end of love", "Suzanne", "Hallelujah" en "Famous blue raincoat". Dit word nou verewig in Afrikaans met Koos se ongelooflike skryfvernuf en digterlike aanslag vasgevang. In November 2014 bereik die Leonard Cohen in Afrikaans album GOUD STATUS net betyds voor Koos se nuutste skepping die lig sien: ‘TAMBOERYNMAN’. Koos sing nou ook Bob Dylan, in Afrikaans.

 In Junie 2017 stel Koos sy solo CD ‘Droom Martha Droom’ vryVir hierdie album is Koos weer in die geselskap van die meesterlike Matthys Maree. Min kan Koos dit kan nadoen as hy met woorde timmer aan die hart. Dit wat die afgelope drie jaar gebore is gee aan Matthys, wat nie net aan die stuur van die produksie is nie maar ook van Koos se poëtiese skeppinge getoonset het, materiaal om 'n Afrikaanse album wat enig in sy soort is die lig te laat sien.

In Junie 2017 roep Koos sy 15 jaar betrokkenheid by die vrouetydskrif SARIE vaarwel om vanaf Julie 2017 die agterbladrubriek vir  die vrouetydskrif Finesse te behartig.

Koos tree landswyd op as gaspredikant en spreker en is veral gewild by damesoggende en vroue saamtrekke.  En dan toer hy graag deur Suid-Afrika om Afrikaande gehore met sy diepsinnige en melankoliese liedjie en styl te bedien en te betower.