Dames Byeenkomste

Goeie nuus vir Dameskringe, Vroueverenigings of sommer net Vriendinne wat iets spesiaal wil doen: Koos van der Merwe, digter, sanger, en Sarie se Laaste Sê rubriekskrywer het 'n splinternuwe konsert, net vir damesgroepe: "Rympies Rose Romanse..."
 
Word meegesleur deur die mooiste woorde, melodieë en vertellinge. Die teiken van hierdie konsert is die hart van die vrou, en wees verseker, die teiken word getref. Met humor, deernis, musiek en woordkuns is "Rympies Rose Romanse" die een konsert wat elke vrou vir baie lank sal onthou. Lag saam, huil saam en word weggevoer na towerwêrelde van die hart. 
Bespreek nou die dameskonsert waaroor almal gaande is: "Rympie Rose Romanse", en kry die beste datums vir jou damesgroep!
 

Leave a comment

    Add comment