Droom Martha Droom

Nuwe Digbundel - Sielskos

Hierdie bundel is saamgestel uit hoogtepunte van die laaste 15 jaar se "Laaste sê"-rubrieke deur Koos van der Merwe in Sarie. Koos weef meesterlik met woorde en het die vermoë om diep betekenis uit alledaagse situasies te haal. Koos vertel van mense, en hulle soeke na hoop, maar ook ons almal se verlange na die Een wat ons nooit sal laat gaan nie.

Vlugplek

Soveel mense het daarvoor gevra, en nou, uiteindelik, is al Koos se mees gewyde skeppinge van die afgelope meer as dertig jaar beskikbaar op sy nuwe dubbel-album: Vlugplek. Drie Dekades. Musiek vir Eenkantkom.

Drie platemaatskappye het ingestem om die musiek beskikbaar te stel en nou kan jy met Vlugplek stil word en diep in die binneste versterk word. Liedjies soos Bidplek en Naggebed en die nuwe akoestiese opname van Houtkruis sal jou na heilige plekke toe neem.

Koos het ook ingestem om vir die eerste keer in jare weer op Sondag-aande in gemeentes te kom bedien met musiek van die hart en woorde van bemoediging. Kontak ons gerus vir optree navrae.

Kry Koos nuus...

Skryf in om nuusbriewe te ontvang

Vir enige ander navrae kontak Yolandi van der Wath: yolandi@koosvandermerwe.co.za

Wat sê ons Luisteraars

In Koos se eie woorde – Die album is ‘soos Karoo veld maak as die reën eers kom’ – verfrissend en lewendig. Komplimente aan elkeen betrokke met die inspirerende album. Dis ‘n fees vir ore and harte wat dors na diepte en rus.

~ Kobus Nel

REEDS IN BESIT VAN DIE CD. Daar’s nie ‘n ding wat Koos al gesing het wat ek nie het nie…

~ Aletta van der Merwe

Was baie beindruk met die vertaling van Bob Dylan. Ek sal baie opgewonde raak as u dit opvolg met nog 'n Bob Dylan CD met die volgende liedjies: I shall be released, Tempest en Forever young. Ek verstaan dat ongelukkig daar dan nie plek sal wees vir Desolation Row nie. Dis lekker om die woorde in Afrikaans te kan volg.

~ Hennie Malan

Sal jy asseblief vir Koos laat weet : BAIE, BAIE DANKIE weer vir ‘n wonderlike nuwe CD van hom. Sowaar soos hulle ander dag in die Beeld-koerant berig het - jy koop die CD sommer onmiddellik sonder om te aarsel. GROOT ASSEBLIEF na Koos se uitvoering van Brell se twee liedjies : SAL SY VOLGENDE CD OP DIE RAKKE EEN VAN BRELL SE VERTOLKINGS WEES!

~ Marion Steinbauer

Kommentaar van Bewonderaars

Add message
  • Kobus

    Kobus

    In Koos se eie woorde - Die album is ‘soos Karoo veld maak as die reën eers kom’ – verfrissend en lewendig. Komplimente aan elkeen betrokke met die inspirerende album. Dis ‘n fees vir ore en harte wat dors na diepte en rus.

    In Koos se eie woorde - Die album is ‘soos Karoo veld maak as die reën eers kom’ – verfrissend en lewendig.

    Komplimente aan elkeen betrokke met die inspirerende album. Dis ‘n fees vir ore en harte wat dors na diepte en rus.

  • Billy

    Billy

    Dear Koos, This is just a personal note to thank you once again for your enthusiastic presence in McGregor and for celebrating with us the art of poetry. This year was our most successful festival to date and I feel optimistic that with support such as yours we will continue to keep the flame of poetry burning brightly in McGregor and on a national scale. It is always such a pleasure to have you back with us. I do so appreciate your gentle presence and your professionalism. I trust I can rely on you to ensure that annually we invite and embrace a sizeable contingent of Afrikaans poets. Any ideas and suggestions would be most welcome indeed. I wish you every continued success in the future. Next year please come over and distract me from my duties!

    Dear Koos,

    This is just a personal note to thank you once again for your enthusiastic presence in McGregor and for celebrating with us the art of poetry. This year was our most successful festival to date and I feel optimistic that with support such as yours we will continue to keep the flame of poetry burning brightly in McGregor and on a national scale. It is always such a pleasure to have you back with us. I do so appreciate your gentle presence and your professionalism. I trust I can rely on you to ensure that annually we invite and embrace a sizeable contingent of Afrikaans poets. Any ideas and suggestions would be most welcome indeed. I wish you every continued success in the future. Next year please come over and distract me from my duties!

Koos produkte aanlyn beskikbaar!

Opkomende vertonings

Previous events

May17

Pinkster by Lighuis in Welkom

Welkom

Navrae: Miemie Lötter Lighuis Jesus Bediening (t) 057 392 1279

Bloginskrywings

Dames Byeenkomste 

Goeie nuus vir Dameskringe, Vroueverenigings of sommer net Vriendinne wat iets spesiaal wil doen: Koos van der Merwe, digter, sanger, en Sarie se Laaste Sê rubriekskrywer het 'n splinternuwe konsert, net vir damesgroepe: "Rympies Rose Romanse..."
 
Word meegesleur deur die mooiste woorde, melodieë en vertellinge. Die teiken van hierdie konsert is die hart van die vrou, en wees verseker, die teiken word getref. Met humor, deernis, musiek en woordkuns is "Rympies Rose Romanse" die een konsert wat elke vrou vir baie lank sal onthou. Lag saam, huil saam en word weggevoer na towerwêrelde van die hart. 
Bespreek nou die dameskonsert waaroor almal gaande is: "Rympie Rose Romanse", en kry die beste datums vir jou damesgroep!
 

Rympies in die vliet...  

Koos se nuutste digbundel, Rympies in die vliet is 'n 350 bladsy versameling van Koos se gedigte, in die vorm van 'n joernaal. Hierdie Bundel versamelde werke is 'n moet vir jou koffietafel, en bedkassie, en langs jou Bybel...
 
Die boek is uniek deurdat daar regdeur die bundel plek is vir jóú rympies, joernaalinskrywings en sommer om kommentaar in die vliet te gaan skryf.